#LiefstePa Being raised by a dad

My liefste pa,

Dankie vir alles. Ek weet mense gebruik die ‘alles’ vir sweerlikwaar alles, maar pa is letterlik my alles.

Ek gaan nou “alles” probeer lys:

  1. Dankie dat pa altyd my by die skool kom optel het.
  2. Dankie dat pa vir my baklei het
  3. Dankie dat pa my trane afdroog.
  4. Dankie dat pa vir my liewer is as enige iemand anders.
  5. Dankie dat pa in my glo.
  6. Dankie dat pa my van tampons geleer het.
  7. Dankie vir my en pappa se fliek dates.
  8. Dankie dat ek op pappa se skoot kan sit. (Wat weer volgende naweek is!)
  9. Dankie dat pappa altyd my hand vashou as ons oor die straat loop
  10. Dankie dat pa 3 weke terug my hare probeer vasmaak het- ons kan nou se pa dat na meer as 30 jaar, kan pappa nie n vlegsel maak nie.
  11. Dankie pappa vir Karoo stories en vakansies.
  12. Dankie dat pappa my hoenders regdokter as pa hier is…

Pappa is my held. Sien so uit as pappa terug is!

 

Leave a Reply

%d bloggers like this: